Local newsNews

Groot Hemelvaart-viering om die draai

Daar's 'n Hemelvaart-gemeenskapsviering om die draai!

Op Donderdag, 10 Mei, word alle inwoners en gelowiges in Randfontein en omgewing na die dorp se Hemelvaart-gemeenskapsviering genooi.

Die byeenkoms word vir die heel eerste keer by die NG Gemeente Randpoort in Lazaarlaan aangebied. Engels- en Afrikaanssprekendes van alle ouderdomme is welkom om dit by te woon.

Pastoor Hannes van der Merwe,van die AGS Groen Weivelde, sien baie uit na die samekoms.

Pastoor Hannes van der Merwe van die AGS Groen Weivelde het gesê dat gelowiges van alle denominasies en gemeentes genooi word. “Om so ‘n dag saam as ‘n gemeenskap te vier sal wonderlik wees,” het hy gesê.

“Dis ‘n voorreg om as Ekumeniese (inter-kerklike aksies wat Christus-gesentreerd is) Leierskapforum alle kinders van die Here uit te nooi om saam Hemelvaart te kom vier. Dit begin om 6.45nm vir 7nm en duur tot 9nm. Daar gaan lofsang en aanbidding, woordbediening en gebed tydens die samesyn van gelowiges wees.

“Die doel van hierdie samekoms is om in eenheid die Hemelvaart van Jesus Christus te vier.

“Daarom het ons ‘n program waaraan baie van die gemeentes in die gemeenskap deelneem. Ons het ‘n spesiale bediening gereël met die oog op kinders, jongmense en volwassenes,” het hy verder vertel.

Daarom Randfonteiners, moet nie hierdie besondere byeenkoms misloop nie. Kom vier op 10 Mei die Hemelvaart van Jesus Christus!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button