Local newsNews

Hulp vir behoeftige mense hul droom

Drie mense het 'n passie vir behoeftige mense en is besig om die Indigo Helping Hand Foundation in Randfontein te stig.

Pieter Brink en sy vrou, Anne-Marie, is besig om met die hulp van Demi van Wyk die Indigo Helping Hand Foundation-tak in Randfontein op die been te bring.

Dié geregistreerde niewinsgewende organisasie het reeds ‘n tak in Krugersdorp, waar 300 mense tans hulp ontvang – spesifiek mishandelde vroue en kinders, en minderbevoorregte bejaardes en behoeftiges. Elizabeth Swanepoel behartig dié tak.

Pieter Brink, Annemarie Brink en Demi van Wyk (voor) van die Indigo Helping Hand Foundation.

Pieter as direkteur, Annemarie die stigter en Demi, die administrasieklerk, het op Maandag, 23 April, fondse begin insamel vir die hawe van veiligheid. Hulle doen alles wat hulle kan om die beoogde projek ‘n werklikheid te laat word.

Daar is ‘n groot stuk grond agter die Brinks se woning waarop hulle ‘n gebou wil oprig. Volgens Anne-Marie wil sy graag kamers/ woonstelletjies langs mekaar laat bou om die bewoners se privaatheid te respekteer.

“Daar is soveel mense wat nie ‘n heenkome het nie. Daar is selfd vroue wat deesdae swanger raak met die doel om hul babas te verkoop,” het Demi vertel.

Hulle ontvang op die oomblik net skenkings vir mieliemeel, en doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulle sover moontlik te help.

“Klere is baie skaars, veral vir seuns. Enige donasies, soos kos, geld en klere sal help om ook dié spesifieke behoeftiges in Randfontein te help,” het Anne-Marie gesê.

Annemarie Brink, Demi van Wyk en Pieter Brink van die Indigo Helping Hand Foundation.

Pieter het verduidelik dat hulle die mense wil help sodat hulle hulself kan help om selfonderhoudend te wees. Hulle gaan byvoorbeeld geleer word om groentetuine aan te lê.

• Kontak asseblief vir Demi van Wyk by 062 789 1551 of Anne-Marie by 074 092 7139.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button