Local newsNews

Sebastiaan – nog ‘n Talent Africa-ster uit R’fontein

Doreen Roos, sy ouma, skryf sy gedigte en toesprake vir redenaars, en rig ook die knapie af.

Sebastiaan Pretorius, 7, ‘n Graad 2-leerder van Laerskool Randfontein, het tydens die skoolvakansie by Talent Africa uitgeblink. Die kompetisie, waarvoor daar bykans 2 800 inskrywings was, is by die Roodepoort Teater gehou.

Deelnemers wat by Raca ‘n platinum- en/ of diamanttoekenning verwerf het, het vir Talent Africa gekwalifiseer. Sebastiaan was een van die Raca-afdelingswenners.

Sebastiaan se toekennings is sowaar iets om op trots te wees. Foto: Ingestuur.

Hy het die tonge laat klap met sy talent toe hy vir onderskeidelik Afrikaans en Engels Redenaars goud, vir onderskeidelik Afrikaans en Engels Prosa goud, en vir Engels Voorbereide Lees silver verower het. In laasgenoemde kategorie het hy ‘n Graad 3-leesstuk baasgeraak. Hy het boonop met ‘n spesiale toekenning vir die ‘Junior Most Original Concept’ weggestap. Hy is ingesluit in die Suid-Afrikaanse span om sy land by die Talent America-kompetisie te verteenwoordig.

Sebastiaan is lid van ‘n talentvolle familie. Doreen Roos, sy ouma, skryf sy gedigte en toesprake vir redenaars, en rig ook die knapie af. Sy ma, Leonie, het in haar skooldae die ATKV se Jong Dames Dinamiek-trofee verower.

Hy het verlede jaar ‘n toespraak gelewer en ‘n radio-onderhoud met Tbo Touch gehad, waartydens hy knap al die inbellers se vrae in puik Engels en met selfvertroue beantwoord het.

“Die mannetjie het bloubloed-talent,” het sy ma, Leonie Pretorius vertel.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button