School sportSport

Riebeeckrander gekies vir Gauteng-span

Hoërskool Riebeeckrand spog met Danielle Malan wat vanjaar vir die vierde keer in die Gauteng-netbalspan opgeneem is.

Hoërskool Riebeeckrand se netbalspanne vaar vanjaar weereens uitstekend.

Elf van Riebeeckrand se netbaldogters is reeds in die D2-netbalspan opgeneem.

Dié 11 dogters het op 21 Maart aan die Gauteng-proewe deelgeneem. Riebeeckrand het met groot trots bekend gemaak dat agt dogters boonop vir die Gauteng-oefengroep gekies is.

Hulle is Devonique Breedt (o.15), Megan Engelbrecht (o.15), Nicola an der Merwe (o.15), Elisma Pio (o.16), Melouise Mulder (o.17), Eztia Saunders (o.16), Danielle Malan (o.18) en Surika Pretorius (o.18).

Die spelers het daarna op 9 April aan die finale proewe deelgeneem. Riebeeckrand spog breëbors met Danielle wat vanjaar vir die vierde keer in die Gauteng-netbalspan opgeneem is.

“Hulle doel is om te wen en hulle is vasberade om dit met elke wedstryd te bereik. Riebeeckrand is baie trots op Danielle en deel in haar vreugde,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button