Local newsNews

Twee-meter lange krokodilvel by asgat gekry

Jy sal nie glo wat 'n 50-jarige werklose man by die asgat aangebied is nie ...

Dis nie elke dag dat mens ‘n krokodilvel kry nie.

Maar dit is wat met Gert van der Berg van Greenhills gebeur het.

Gert van der Berg met die krokodilvel.

Die 50-jarige, wat nie ‘n vaste werk het nie en sy brood en botter verdien deur ou metaal en meubels by die Randfontein-asgat reg te maak met die hoop om dit te verkoop sê dit was op Saterdag, 14 April dat hy die krokodilvel van oor die 2 meter aangebied is.

Lees ook: Rommel neem oor in R’fontein!

“Ek was besig om rond te soek, toe kom daar ‘n man wat daar bly en sê hy het items wat hy wil verkoop. Ons het by sy huis aangekom toe haal hy die vel van die dak af. Ek het vir hom gesê ek sal dit verkoop en daarna vir hom die helfte van die geld gee.”

Volgens Gert kan ‘n krokodilvel baie werd wees.

“Jy kan beursies, handsakke, belde of selfs ‘n mat uit die vel maak,” het Gert gesê.

Gert sê hy het tot op hede ‘n paar offers gekry. Die Herald het gekyk wat ‘n krokodilvel werd is en dit blyk asof hy dalk op ‘n stukkie goud afgekom het.

Waar die vel presies vandaan kom bly ‘n raaisel …

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button