School sportSport

Samantha nie een om mee te sukkel nie

Twee Riebeeckranders keer van die Junior Gauteng-karatetoernooi met 'n handvol medaljes terug.

Twee Riebeeckranders het onlangs aan die Junior Gauteng-karatetoernooi deelgeneem en met ‘n handvol medaljes teruggekeer.

Samantha Mare en Laikin Barnard het ‘n bronsmedalje in ‘n spanitem verwerf, terwyl Samantha vir kumite ‘n gouemedalje in die onder 59kg-afdeling verower het. Sy het ‘n bronsmedalje vir kata ontvang.

Laikin het vir kumite ‘n vyfde plek behaal in die 59kg-plus afdeling.

“Samantha het met haar top prestasie in kumite deurgedring na die nasionale juniorkaratetoernooi,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Asof dit nie indrukwekkend genoeg is nie het Samantha verlede maand weereens ‘n gouemedalje verwerf en is gekies om aan die Zone 6 Kampioenskappe in Botswana deel te neem waar sy haar Protea-kleure gaan ontvang.

Sy is ook in die span opgeneem wat in Junie in Kroasië vir ‘n plek in die 2018 Jeug Olimpiese Spele gaan veg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button