Local newsNews

Rosa – ‘n Boodskap van hoop

"Ek het net gebid vir 'n troosprys, soos vir die mooiste glimlag of 'n kategorie sodat ek Suid-Afrika nie teleurstel nie."

Rosa van Niekerk, Mrs Classic South Africa 2017, Mrs Grand South Africa 2017 en Mrs Classic Universe 2018 is terug in Suid-Afrika. Sy het vertel van haar ervarings in Sofia in Bulgarye waar sy haar jongste titel gewen het.

Rosa, wat ‘n regte perdenooi is, het gesê, “Ek dink nie ek het gewen omdat ek die mooiste meisie daar was nie. Daar was baie meisies wat perfek was in skoonheidskompetisieterme en ek het gedink een van hulle sou wen. Daar was lang, maer modelle wat werklik mooi is.”

Rosa van Niekerk bly nederig ondanks al haar titels. Foto: Facebook.

Sy het glad nie verwag om te wen nie en “… het net gebid vir ‘n troosprys, soos vir die mooiste glimlag of ‘n kategorie sodat ek Suid-Afrika nie teleurstel nie.

“Ek glo ek het gewen deur my boodskap van “Get up, pray up, crown up and rise up” wat ek in die Talentafdeling van die kompetisie gegee het. Dit het so gelui:

“God says, ‘When I create a baby girl I create her beautiful, perfect and with an invisible crown.’ During your life that crown can fall off if someone says to you, you are fat or ugly, or you feel inadequate about yourself.

When you make up the outside of a woman, the inner beauty she really is all about shines through and she puts her God-given crown back on!”

Alles was ook nie altyd maanskyn en rose tydens die kompetisie nie. “Daar was jaloesie onder sommige van die meisies maar ek was geseën net ‘n wonderlike kamermaat. Ek en Priyanka, Mrs UK India het goeie vriende geword het en het steeds kontak.”

Rosa van Niekerk, pragtig van binne en buite. Foto: Ingestuur.

Haar man, Jacobus, het haar baie ondersteun en is baie trots op haar. Sy beoog nie om in die nabye toekoms aan nog kompetisies deel te neem nie.

Na die kompetisie is sy Italië toe om haar familie te ontmoet wat daar woon. “Deur ‘n wonderwerk van God het ek my Italiaanse familie wat ook al jare na ons soek, gaan ontmoet! Dit was so ‘n emosionele en regtig geseënde ervaring om die twee families te kon herenig,” het Rosa verder vertel.

Sy het onlangs die Rosa van Niekerk Pageant Acadamy op die been gebring en wil graag mans en vroue van alle ouderdomme voorberei om aan kompetisie deel te neem, veral dié aan die Wes-Rand want, het sy gesê, “Ons het soveel talent hier”.

Rosa was voorheen in ‘n verhouding waarin sy fisies en emosioneel mishandel is. “Dit is ‘n vorm van beheer om jou te laat glo jy is niks werd nie. As prokureur kom die pit bull nou in my uit as ek met sake van gesinsgeweld of enige vorm van aanranding op ‘n vrou of ‘n kind te doen kry,” het sy vertel. Dit is hoekom sy projekte ten bate van vroue en kinders vir haar liefdadigheidswerk gekies het.

“Dit is moeilik om my werk, my familie en die verantwoordelikheid wat saam met my titels kom, te balanseer. Ek bid elke dag vir krag en wysheid,” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button