Local newsNews

‘n Dag van vryheid by fondsinsameling

Net om naby die perde te wees was vir die kinders 'n wonderlike ervaring.

Op Saterdag, 24 Februarie, van 8.30vm tot laatmiddag het Mi Yehenraine Ryskool ‘n fondsinsamelingspretdag met ‘n verskil gehou. By dié ryskool word perdry gebruik om kinders met emosionele probleme te help.

Lorraine Gouws, 53, die eienaar van die ryskool, het baie moeite gedoen om dié dag ‘n bietjie anders as die gewone fondsinsameling te maak. Perde en kinders is vir haar van die uiterste belang en was nog altyd haar passie. Sy bied ook perdrylesse aan

Lorraine het die geleentheid met ‘n pragtige gebed geopen, en daarna het die pret begin.

Een van die tieners geniet haar gate uit by die “Pin the horse.”

Daar was stalletjies met allerlei te koop, ‘n springkasteel, lekker musiek deur Boz Security, eetgoed en ‘n ponierit. Dit was maar net ‘n paar van die trekpleisters. Die perde is met linte versier, en die een perd, Snowy, het pienk in haar maanhare gehad. Net om naby die perde te wees was vir die kinders ‘n wonderlike ervaring.

“Nog ‘n lekker aktiwiteit was ‘n kompetisie om te kyk hoe raak jy jou ma kon gooi,” het Lorraine gesê. Kinders kon hulle ook laat blinddoek en dan probeer om ‘n ‘stert’ op die regte plek op ‘n prent van ‘n perd te plak. Die kinders se gesiggies is ook geverf.

Neville Coetzee was daar met sy cowboy-hoed en al.

Daar was ‘n sterkmankompetisie en dit was natuurlik vir die seuns ‘n groot gebeurtenis. Die hoewegooikompetisie was weer iets heeltemal anders, en dit het vir baie gevoel soos in die ou dae toe kinders en grootmense nog sulke speletjies gespeel het.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/randfontein-herald/267054/perd-ook-mens-se-beste-vriend-ofperdryterapie-help-kinders/

 

Nog ‘n kreatiewe aktiwiteit was die muntlegging toe die besoekers hul munte op ‘n groot geverfde perd kon neersit. Daar was ook die opsie om ‘n deurnag te hou.

Die wenners van die lootjietrekking was in ekstase aangesien selfs ‘n bootrit op die spel was.

“Dit was ‘n wonderlike, suksesvolle dag,” het Lorraine dankbaar gesê.

 

Lorraine Gouws, eienaar van MI Yehenraine Perdryskool.

Related Articles

Back to top button