Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #53 – Dania Kruger

Die 53e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog voorgestel.

Die Herald het by die interessante Tattered Cover Bookstore vir Dania Kruger, 47, ontmoet.

Dania woon in Randfontein sedert sy in Graad 1 in die destydse Laerskool Betsie Verwoerd was, waar sy later die hoofdogter geword het. ‘n Interessante feit is dat sy ses jaar lank in Amerika gewoon het. Toe hulle moes terugkom, was Randfontein die natuurlik keuse as hulle woning.

Kyk video hier:

Sy is getroud met haar vorige buurman, Chris Kruger, en het twee kinders – Nanda, 24, en Tian, 23. Tian is op die oomblik in die weermag in Bloemfontein.

Dania is ‘n baie groot diereliefhebber, en is ook baie lief vir die bos en die see. Sy is baie kreatief, en mens kan dit duidelik sien as jy by haar boekwinkel ‘n draai maak.

Haar gunsteling wegneemete is die pizzas wat sy by haar gunsteling restaurant Da Vinci koop. Haar gunsteling musiek is country asook dié uit die 80’s. As sy kon, sou sy graag in Europa gaan vakansie hou en al die geskiedkundige plekke daar besoek.

Sy hou van Randfontein want sy sê die mense is plat op die aarde, en sy geniet dit om mense te ontmoet. As sy ‘n slegte dag het, sê sy vir haarself om positief te bly. Haar kinders beur haar ook op.

As Dania vir haarself ‘n naam in Randfontein sou gee, sal dit “Kreatiewe Kruger” wees.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button