NewsSchools

Hoërskool Riebeeckrand- Skoolsoektog vir dwelms

Die rede vir die deursoeking was om seker te maak dat daar geen onwettige items of dwelms op die skoolgronde is nie.

Op 22 Februarie het die Randfontein Maatskaplike Misdaadvoorkomingseenheid en ander belanghebbers ‘n deursoeking by Hoërskool Riebeeckrand gedoen.

Die Departement van Onderwys, die Randfonteinse Verkeersdepartment, die Intervensiespan en patrolleerders van die Gemeenskapspolisiëringsforums was ook betrokke om seker te maak dat daar geen onwettige items of dwelms op die skoolgronde is nie.

“Meer as 800 leerders is deursoek. Die onderwysers het hul volle samewerking gegee en deurentyd dissipline gehandhaaf,” het kaptein Appel Ernst, Randfontein Polisie-woordvoerder gesê.

Sy het vertel dat deursoeking gereeld by alle skole gedoen word om te verseker dat die omgewing veilig vir die leerders is.

Die waarnemende adjunkhoof van Hoërskool Riebeeckrand, Tyrone Dempsey, het dit so verduidelik: “Die besoek is reeds op Maandag 19 Februarie met die Openbare Veiligheid-departement van Rand West City Plaaslike Munisipaliteit in samewerking met die polisie gereël. Die hoofdoel was om te verseker dat leerders ingelig bly en bewus is van die gevare om dwelms en ander verbode middels te gebruik.”

Lees ook: Police raid three schools

Leerders en personeellede is nie vooraf ingelig oor die voorgenome besoek nie. Die leerders is die betrokke dag uitgeroep na die sportveld toe onder die voorwendsel dat dit ‘n noodontruiming was. So is daar ook verseker dat leerders weet wat die noodplan behels en watter roetes gevolg moet word indien ‘n brand uitbreek of daar ‘n bomdreigement is. Die leerders het die noodplan sonder enige haakplekke uitgevoer.

Die polisie het toe opgedaag en die leerders en hulle tasse is lukraak deursoek. Die leerders se sluitkassies en motors is ook deursoek.

“Die klaskamers en kleedkamers is gefynkam om te verseker dat verbode middels nie daar wegsteek is nie. Die leerders en personeel was deurgaans positief oor die besoek,” het Dempsey bygevoeg.

Hoërskool Riebeeckrand is ook trots om te kan sê dat die probleme minimaal was. “Daar is op sigarette beslag gelê en in die geheel gesien het alles goed afgeloop. Daar was goeie samewerking tussen die skool, die polisie en Openbare Veiligheid.

Hoërskool Riebeeckrand bedank graag al die betrokkenes vir hul effektiewe diens om te verseker dat hulle skool dwelmvry is.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button