Local newsNews

Perd help met fondsinsameling

'n Perd is in Greenhills gesien as deel van 'n fondsinsameling vir 'n ryskool se pretdag.

Bingo! Nee, dis nie wat jy dink nie. Hierdie Bingo is ‘n perd wat op Dinsdag, 20 Februarie die trekpleister was toe daar by die verkeerslig op die hoek van Kenneth- en Homesteadlaan ‘n fondsinsameling gehou is.

Saam met Bingo was Lientjie Jacobs, Tersia Putter en Daniel Venter wat vertel het dat die fondsinsameling gehou word ten bate van ‘n pretdag met ‘n verskil by die Mi Yehenraine Ryskool wat aan Lorraine Gouws behoort. Die ryskool se pretdag word op Saterdag, 24 Februarie van 8.30vm tot 5nm by Susannaweg 60, Loumarina-plotte gehou.

Bingo die perd, Lientjie Jacobs en Tersia Putter.

Bingo, ‘n stewige reun, woon op Lientjie se plot in Vleikop. Toe die Herald gevra het waar die perdeboks is waarmee hy vervoer is, het Daniel gesê, “Nee wat, ek het hom hiernatoe gery. Hy het sy ‘skoene’ vir die pad aan.” Teen 12uur het Bongo egter begin onrustig raak en na die oop vlaktes verlang.

Lorraine, wat perdryterapie aanbied om kinders met emosionele probleme te help, het gesê daar wag Saterdag ‘n groot verrassing op dié wat die pretdag gaan bywoon. Stalletjies en ‘n springkasteel, lekker musiek, eetgoed en ‘n ponierit is op die spyskaart. Nog ‘n lekkerte is ‘n kompetisie om te kyk hoe raak jou ma kan gooi.

“Daar is nog meer pret, want wanneer jy die perd se stert op jou voorkop sit, is jou gesig dalk rooi!” het Lorraine vertel.

Sy het bygevoeg dat dit ‘n geheim is wat hulle gaan uitloot, en hoeveel daarvan. Kaartjies vir die trekkings kan daar gekoop word, en dan moet jy net duim vashou dat die geluk aan jou kant gaan wees.

“Jou spaarvarkie kan vir een dag honger ly; kom pak eerder jou munte in ‘n kreatiewe lyn,” het sy verder gesê. “Jy het ook die opsie om ‘n deurnag te hou. Bestel net jou braai en slaai, bring jou drinkgoed en dan slaan jy tent op.”

Vir enige navrae, kaartjie-aankope en stalletjieruimte, skakel asseblief vir Charla-Mayne by 079 882 5653 of epos charlamaynegraham@gmail.com. Lorraine se nommer is 062 826 4637.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button