Local newsNews

Nuwe KidZone om na uit te sien by Skou

Die splinternuwe KidZone by vanjaar se Skou is die plek om te besoek – van opvoedkundige vertonings en 'n rolskaatsbaan tot knortjorre.

Skop jou skoene uit, sit jou funky bril op (Skou-tema is brille) en kom speel saam met jou kinders by die Skou se splinternuwe KidZone voor die Skousaal.

Buster & Bella kom elke dag kuier en hulle verkoop dogtertjierompies vol liggies wat in die aand flikker sodat almal jou kan sien. Elke dag van 10vm tot 4nm kan die Brainy Birds-stalletjie besoek word waar parkiete praat en grappies maak.

Die Party Animals SA-opvoedkundige vertonings elke dag van 10vm tot 11nm in die KidZone-tent, gaan kinders inlig oor diertjies soos drakies, ‘n bloutongskink, chinchillas (die wêreld se sagste diertjie), Australiese stokinsekte, hasies, Tarantula-spinnekoppe en ‘n tenrek (tipe krimpvarkie van Madagaskar).

Nog lekker dinge op die KidZone-program is die Minisirkusvertonings elke dag om 11.30vm, ‘n minitreintjie, rolskaatsbaan, ‘n kindermallemeule, fietsierybaan, meganiese bul, watterrollers, knortjorre, opblaasvuurpyl, springkastele, hoela hoep- en banderolkompetisies. Daar is lekker pryse te wen.

Lappop hou poppekas op Saterdag, 3 Maart om 1nm en 3nm op die Coca-Cola-verhoog. Heerlike lekkernye soos roomys, spookasem, melkskommels, springmielies en vele meer gaan te koop wees.

Verskillende karakters gaan deur Tekkie Tax uitgedaag word om aan die Battle of the Mascots deel te neem. Kom kyk hoe die karaktertjies mekaar opdraande gee op Saterdag, 3 Maart om 2nm in die KidZone-area.

Pappas, mammas, oupas, oumas, niggies, nefies – die hele kaboedel. Kom kyk hoe speel ons in vanjaar se Kidzone – jy gaan jou gate uit geniet.

Onthou kinders onder ses jaar betaal nie toegang vir die Skou nie. Kinders van ses tot 12 jaar betaal R35. Kry nou jou kaartjies voor jy in die lang tou by die hek moet staan. Besoek die Skou-webblad vir meer inligting tov al die vooraftoegangpersele waar kaartjies nou al verkoop word.

• Navrae: Skoukantoor 011 412 2878/1562 of https://www.randfonteinshow.co.za.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button