Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #51 – Bettie du Preez

Die 51e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog voorgestel.

Ontmoet vir Bettie du Preez, 86, die 51e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog.

Sy het nie net die geleentheid gebruik om haarself voor te stel nie, maar ook om totsiens te sê.

Bettie het in Kocksoord grootgeword en woon al 60 jaar lank in Randfontein. Sy is die oudste van ses kinders. Sy was getroud, maar haar man het op die ouderdom van 48 gesterf. Hulle het drie kinders gehad waarvan net een, Wanda Pelser, 62, nog lewe.

Bettie se lewensverhaal is hartseer, maar tog inspirerend aangesien dit vertel van ‘n vrou wat net sterker anderkant uitgekom het. Die Herald kon nie glo dat sy reeds 86 is nie en in die onderhoud het dit gevoel asof mens met ‘n ouer weergawe van Marilyn Monroe gesels.

Bettie was destyds baie lief vir dans maar haar groot liefde is nou haar Pekingese-hondjie, Bebe. Sy het vir Sterns in Carletonville en in Krugersdorp gewerk, en sedert sy nie meer buitenshuis werk nie, is tuinmaak haar gunsteling tydverdryf.

Sy het al die jare na haar man se afsterwe alleen gewoon. Nou trek Bettie oor ongeveer vyf weke na haar dogter en haar skoonseun toe in Paternoster in die Wes-Kaap.

“Ek wou graag hier veras word. Ek is baie lief vir Randfontein,” het sy gesê.

Die naam wat Bettie vir haarself in Randfontein wil gee, is “Bettie die Danser”. Met haar selfvertroue, en pragtige innerlike en uiterlike, weet die Herald sy sal gelukkig wees daar ver aan die Weskus.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button