Local sportSport

Afsitterspistool klap – spykerskoene raas – hier maak ons wenners

Riebeeckrand stuur hul bestes na Top 15-byeenkoms.

Die reuk van afsitterspistool hang in die lug, die atlete se spykerskoene klap op die tartanbaan en die opgewonde aankondiger se stem weergalm oor die sportveld.

Om die draai tel die voorste drie atlete spoed op en toe hulle naby die wenpaal voor die hoofpawiljoen kom, spring die skare op en moedig hul gunstelinge luidkeels aan.

Tenika Pedro.
Foto: Bianca Pindral.

Toe die voorste atleet sy laaste desperate tree uitgeput oor die eindstreep gee, omhels sy ondersteuners mekaar met trane van blydskap in hulle oë.

Dit was een van die tonele wat by die Top 15 Skole Atletiekbyeenkoms by die Universiteit van Johannesburg se sportkompleks afgespeel het. Die geleentheid was die 30ste byeenkoms van sy soort waarheen nagenoeg 60 skole van regoor Gauteng genooi is om deel te neem.

Nicola van der Merwe.
Foto: Bianca Pindral.

Uithaleratlete van skole wat onder meer die Wes-Rand verteenwoordig het, soos Hoërskool Riebeeckrand, Noordheuwel, Bastion, Monument en Krugersdorp High School het hul talente op die baan en veld ten toon gestel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button