NewsSchools

Jannas gaan Troll by groentjiekonsert

Daar tydens Jannas se groentjiekonsert gesing, gedans en drukkies uitgedeel – nes dit regte Trolle betaam.

Honderde Peske-Moeske-Woeske-Tinke-Troll-Molle – ook bekend as Graad 8-leerders – is vir die 2018-skooljaar by Hoërskool Jan Viljoen met ‘n groentjiekonsert uit die boonste rakke verwelkom.

Op 7 en 8 Februarie het die Trolle die dak behoorlik gelig met hul Troll-tastiese groentjiekonsert.

Gemma Botha en Chanelda Prinsloo was baie opgewonde voor hulle op die verhoog sou verskyn. Foto ingestuur.

Daar is gesing, gedans en drukkies uitgedeel – nes dit regte Trolle betaam. Die gehoor is vermaak met liedjies uit die Troll-fliek en die Graad 12-leerders het seker gemaak dat hul eie keuse van liedjies die gehoor laat skaterlag het.

Daar was ook ‘n spesiale gaskunstenaar, Nico Swartz wat bekend is vir sy danspassies langs Hendrik Potgieterweg in Roodepoort, wat spesiaal kom dans het op maat van Robbie Wessels se Mpe Di Hoenor.

Op 7 en 8 Februarie het hierdie Troll-leerders behoorlik die dak gelig met hul troll-tastiese groentjieskonsert.

Die teks vir die konsert is deur Bianca Briedenhann en Nirica Crous, twee trotse onderwysers van die skool geskryf.

Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder het gesê, “Die groentjies het ‘n tipiese dag in ‘n Graad 8-leerder se skoene uitgebeeld. In plaas daarvan om een of twee hoofkarakters vir die groentjiekonsert aan te wys, is daar vier of vyf hoofkarakters uit elke klas gekies. Dit is om almal deel van die pret te maak en niemand uit te sonder nie.”

Op 7 en 8 Februarie het hierdie Troll-leerders behoorlik die dak gelig met hul troll-tastiese groentjieskonsert.

Volgens Enza Steyn, die Graad 8-graadhoof was die groentjiekonsert ‘n reuse sukses. Al die kaartjies vir die twee aande was uitverkoop.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button