MunicipalNews

Greenhills-rommelstorting onder die vergrootglas

Greenhills het nog 'n kwaal bygekry, dié keer onwettige rommelstorting op verskeie plekke.

Frans le Grange, 59, wat in 1979 die dorp se burgemeester was, het die Herald op ‘n toer deur die area geneem waartydens hy al die onwettige rioolstortingsplekke uitgewys het

Le Grange het 14 jaar op die dorpsraad gedien, en die dorp lê hom baie na aan die hart. Hy het gesê dat Randfontein se (wettige) stortingsterreine glo vol is, en dat inwoners en besighede nou op verskeie plekke hul vullis net aflaai.

Frans le Grange, oudburgemeester van Randfontein, hurk op die vullis langs North Wayweg.

Langs die verlenging van North Wayweg, Greenhills, net agter die begraafplaas, is daar omtrent drie plekke waar vullis net afgelaai word. Dit is duidelik dat tuindienste, boubesighede en huiseienaars daar van hul tuin- en bourommel ontslae raak.

Lees ook: Hou op gemors stort en brand

Dié bourommel is op die grond van ‘n bekende besigheidsman in die dorp naby Randfontein High School gestort.

Daarna het Le Grange vir die Herald gaan wys hoe die rioolwater by die rioolpompstasie in Aloeweg opgedam het. “Ek weet nie eers of hierdie pomp werk nie,” het Le Grange vertel.

“Die reuk is aaklig en as die Randfontein Skou begin, sal dit ‘n verleentheid vir die dorp wees,” het hy bygevoeg.

Die Herald het Tshidiso Tlharipe, woordvoerder van die burgemeester van Rand West City Plaaslike Munisipaliteit, Mzi Khumalo, om kommentaar gevra oor die bewering dat Randfontein se stortingsterreine vol is.

Die Herald wag nog op sy kommentaar.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button