MunicipalNewsUpdate

Begraafplaas word skoongemaak!

Vilaine en Adrian is vol hoop dat meer inwoners op Saterdag, 3 Februarie van 8vm af sal kom help.

Daar is op Vrydag 2, Februarie, soos belowe, by die Greenhills-begraafplaas met ‘n skoonmaakproses begin – danksy die hele gemeenskap se samewewrking.

Die Herald het op 18 Januarie berig dat ‘n paartjie van Randgate besluit het om iets omtrent die toestand van die Greenhills-begraafplaas te doen.

Vilaine van Greunen en haar verloofde, Adrian Lerm doen baie welwillendheidswerk in Randfontein.

Vilaine van Greunen en Adrian Lerm tesame met Hope for the Future van Krugersdorp, inwoners, tuindienste en ander besighede het op 2 Februarie die skoonmaakveldtog ‘n realiteit gemaak. Privaat kontrakteurs van die munisipaliteit het ook ingespring.

Lees meer hier: ‘n Skande van ‘n begraafplaas ontbloot

Vilaine en Adrian is vol hoop dat meer inwoners op Saterdag, 3 Februarie van 8vm af sal kom help. Mense kan net opdaag en dadelik hand bysit.

Lees meer hieroor in die Herald se 9 Februarie-uitgawe.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button