![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2018/02/IMG_3865_91207.jpg)
Rappies Pre-Primêr het op Dinsdag, 30 Januarie hulle eerste atletiekbyeenkoms vir die jaar aangebied.
Al het daar eers ‘n paar yskoue reëndruppels geval, het dit nie die Rappies-kleuters gekeer nie.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2018/02/IMG_3749_53641-520x390.jpg)
Foto: Bianca Pindral
Hulle het in groepe van o.3 tot o.6 deelgeneem, en het óf 30 meter óf 60 meter ver gehardloop, afhangend van hul ouderdomsgroep.
Alhoewel daar groot opgewondenheid onder die kleuters was, het sommiges nie geweet hoe om die situasie te hanteer nie. Party het rondgedans en ander het gesit en ween.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2018/02/IMG_3907_19680-520x390.jpg)
Foto: Bianca Pindral
Maar toe die atleetjies eers by die wegspringpunt langs mekaar in ‘n ry gestaan het, was hulle op hulle mammas en pappas aan die anderkant van die baan gefokus. Sodra die afsitter se fluitjie geblaas het, het die kleintjies koers gekies na hulle toe.
Daar was ‘n paar belowende beentjies wat vinnig vooruit geskiet het toe hulle moes wegspring, maar maak nie saak wie eerste gekom het nie, almal het ‘n trofee en ‘n ysie gekry.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2018/02/IMG_3802_98532-520x390.jpg)
Foto: Bianca Pindral
Die poduim was ‘n lang loopplank sodat almal tegelyk daarop kon pas.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!