Opinion

‘n Familie van vyf met geen heenkome

Julle is regtig my laaste oord en ek glo en vertrou jul sal my kan help asb.

Ek is deur ‘n vriendin aangeraai om u te kontak. Ek hoop dat u of iemand sal kan help asb!

Ek is vandag voor julle en met genade van Bo hoop ek eerlik daar’s iemand wat kan bystaan. Ons is ‘n gesin van vyf – drie kinders, mamma en pappa.

‘n Uitsettingsbevel is deur die hof goedgekeur en ons moet uit. Asseblief mense, my man, 54, kry al vir twee jaar nie werk nie en ek is bereid om enige werk te doen. Ek het orals op Facebook hulp gevra, maar niks.

Almal weet dit kos ‘n hele paar rand om te trek (deposito, huur, bakkie). As ons net ‘n huis gehuur kan kry kan my man weer staalgoed maak en verkoop, en ons kan weer op ons voete kom.

Kan julle/ enige iemand asseblief help (Randfontein) met blyplek, of ‘n donasie om geld bymekaar te maak vir ‘n blyplek.

Julle sal in jul harte wel weet dis ernstig en baie dringend asb. Julle is regtig my laaste oord en ek glo en vertrou julle sal my kan help asb.

By voorbaat dankie en blessings.

Kontak die Herald by 011 693 6371 of epos na randfonteinherald@caxton.co.za indien jy kan help.

Related Articles

Back to top button