NewsSchools

Graad 1 Rappies, nou in hulle klassies!

Die leerders was uitgevat in hul skooldrag.

Gister, 17 Januarie, het 183 Laerskool Rapportryer Graad 1’tjies vir die eerste keer deur hulle nuwe skool se hekke gestap en ‘n nuwe wêreld betree.

Die leerders was uitgevat in hulle skooldrag. Hul skoene het geblink en daar was nie ‘n haartjie uit sy plek nie. Die dogters het die mooiste linte in hul hare gehad.

Die dag het afgeskop toe die nuwe Rappies en hul ouers aandagtig na die skoolhoof, Carel Stoop, geluister het. Daarna het adjunkhoof, André Kruger oorgeneem en die leerders in hulle onderskeie klassies ingedeel.

“Ons is baie opgewonde om ‘n pad saam met ons nuwelinge te stap, en alles het vanoggend glad verloop,” het André vertel.

Die Graad 1-onderwysers het ook baie opgewonde gelyk oor die nuwe jaar. Natuurlik was daar baie seer harte onder die ouers, maar die Herald het nie een leerder sien huil nie.

Suné Schutte, wat haar tweede seun, Johann-dre ook by Rappies ingeskryf het, het gesê, “My hart is seer, dit is amper asof ons laaste kind die huis verlaat”.

Die Herald het by Annatjie de la Rey en Barbara de Meyer se klas ingeloer, en daar was die leerders besig om hulle naamplaatjies op te sit. Party was skaam, ander het al klaar maatjies gemaak.

Suné Schutte en Johann-dre wys dat hy reg is vir sy skoolloopbaan.
AJ van den Berg lyk selfversekerd en reg vir die jaar.
Rujean Viljoen straal omtrent van opgewondenheid.
En so begin ‘n nuwe jaar vir die nuwe Rappies.
Shawn en sy ma Comfort Matebele.
Pragtige Kailey Fessent.
Die nuwe Rappies stap aan na hulle klas toe.
Tristan Viyk het baie aantreklik gelyk in sy skooldrag.
Suné Schutte en Johann-dre.

Angelique en Zanthe van der Merwe glimlag vir die Herald.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button