NewsSchools

Ram se nuwe Graad 1-gesiggies

Hier is hulle, Ram se nuwe graadeentjies.

Laerskool Randfontein (Ram) het op Dinsdag, 16 Januarie hul nuwe groep Graad 1’s verwelkom.

Met die Herald se aankoms was die nuwe gesiggies reeds hard aan die werk deur te teken of maatjies te maak.

En wie’t gesê hulle is skaam of teruggetrokke? Leerders het reeds op hul eerste dag ‘n klompie vrae gevra, hand opgesteek, penne gesoek, lekker gespeel en gekyk wie die oulikste kan wees.

Xylie Strydom en Nina van der Merwe.

Alhoewel die Gauteng Departement van Onderwys se amptelike syfers nog nie bekend is nie en alle leerders nog nie geplaas is nie, het hulle verlede jaar in Junie aangedui dat daar reeds nagenoeg 148 000 Graad 1’s ingeskryf het.

Lees ook: 2018 school year: 59 921 more Grade 1s and 8s

Tel dit by die meer as 121 000 Graad 8’s wat reeds vir die 2018-skooljaar ingeskryf het, is daar nagenoeg 60 000 leerders meer altesaam as die vorige skooljaar.

Die Herald gaan skole in Randfontein besoek en stelselmatig die nuwe Graad 1’s voorstel.

Besoek die gallery vir meer foto’s.

Zandre Brits.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button