Opinion

Rus tog wel daar Jigis, Rus!

Een van die grootste tragedies van my lewe en 'n onvergeetbare oomblik. Dit sal my bybly.

• Desmond Dickson skryf:

Ons familie spreek hul innige dank uit teenoor die Herald en die gemeenskap vir meegevoelbetuigings en onbaatsugtige steun onder moeisame omstandighede.

Hier is sy herhaalde aangepaste lewensherdenkingsbrief: Jigis Dickson, die laasgebore seun van oom Zondi (kaptein) en Aunt Rachel Dickson het onder mergelende pyn en lyding sy lewenstryd laat vaar en hulpeloos die handdoek ingegooi.

Na my weengebed rondom sy sterfbed, in die hospitaal (in die teenwoordigheid van ons familie) het hy vir ‘n wyle sy oë geopen … na my gestaar en onderlangs ‘Jaa’ gesug, wat ek as ‘dankie’ opgesom het. Dis asof hy wou vra om tog die pyn te stil; maar ons was magteloos teen Godswil en slypgewys het die dood hom helaas stilweg ingehaal. Een van die grootste tragedies van my lewe en ‘n onvergeetbare oomblik. Dit sal my bybly.

Dit bewys die ongenaakbaarheid en onpartydigheid van versoen in sy heengaan en berus weereens in Sy wil.

Goddank en vreemdsnaaks was sy gewese vrou, Mooiste Dickson, vir sy ter aarde bestelling verantwoordelik. Oor sy loopbaan was daar reeds berig soos gemerk. Hy word oorleef deur slegs die Uwe, sy twee nimlike dogters en ‘n wydverspreide familiekring.

Rus tog wel daar Jigis, Rus!

Dankie! Dankie! Dankie almal!

Related Articles

Back to top button