Local newsNews

Riebeeck-matrieks vier uitslae

Die Herald was verras toe hy vertel het dat hy vir 'n paar maande Amerika toe gaan om te gaan boer.

Daar was Vrydagoggend (5 Januarie) groot opgewondenheid by Hoërskool Riebeeckrand toe die Graad 12’s hul uitslae gaan haal het.

Dit was van 8vm af beskikbaar. Sommige leerders het alleen opgedaag, ander was saam met hulle ouers daar. Die Herald het heel eerste met André du Plessis gepraat en hy was baie tevrede met sy punte.

Zanda-Lee van Zyl, Nicholas Wincento en Ashleigh Wahl, nog drie verligte, gelukkige Graad 12-leerders.

Die Herald was verras toe hy vertel het dat hy vir ‘n paar maande Amerika toe gaan om te gaan boer. “Ek het net vir my uitslae gewag,” het hy opgewonde gesê.

Direk daarna het Rochelle du Toit vertel dat sy verpleging gaan studeer, en dat sy en André ‘n paartjie is.

Kyk hier: 

Alicia Jacobs het aan die Herald gesê dat sy uitstekende punte behaal het deur op te let in die klas, hard te werk en baie hard te leer. Sy wil haar as geoktrooieerde rekenmeester bekwaam.

Twanette Thoms en haar ouers, Neville en Zelda het breed geglimlag nadat sy haar uitslae ontvang het. Zanda-Lee van Zyl, Nicholas Wincento en Ashleigh Wahl, nog drie verligte, gelukkige Graad 12-leerders, het net so breed vir die Herald geglimlag. Een van hulle gaan begin werk en die ander twee gaan studeer.

Alicia Jacobs.

Beloved Sechele, Angelique Welman en Alicia Jacobs was ook oorstelp oor hul uitslae en het glasies geklink.

Hoërskool Riebeeckrand is verskriklik trots op al hulle voormalige Graad 12-leerders. Hoewel hulle hul baie gaan mis, wens hulle hulle ook alle sukses toe vir hulle lewens vorentoe.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button