MunicipalNews

Riebeeck-meer eens ‘n trekpleister, nou ‘n seer oog

Die Riebeeckmeer was eens 'n trekpleister waar jy kon swem en baljaar, nou is dit 'n seer oog. Die Herald het saam met 'n raadslid die area gefynkam en die volgende uitgevind.

Riebeeck-meer was ‘n plek waar jy kon swem, baljaar, kampeer, visvang en herinneringe vir ‘n leeftyd ontstaan het.

Die Herald het onlangs die area saam met raadslid Ellik de Lange besoek en ‘n paar skokkende ontdekkings gedoen.

Dit is duidelik dat die destydse ontspanningsoord jare lank nie meer in stand gehou word nie. Die gras is lank en die terrein is besaai met rommel. Water gaan uit ‘n lekkende pyp verlore.

“Ek het die lek al hoeveel keer gerapporteer. Die water loop al nagenoeg vier jaar so. Wie betaal vir die water wat verlore gaan?” het Ellik gevra.

Die swembaddens is in ‘n haglike toestand. Sommige is dolleeg en op die grasgroen oppervlak van dié wat water in het, dryf daar allerhande goed, onder andere ‘n matras. Boewe gebruik die glybaan as ‘n uitkykpunt oor die dorp.

Ellik de Lange voor die Jonkershuis.

Ellik het aan die Herald vertel dat hy voorheen met skok besef het dat mense water op die perseel steel en hy het die verlengde pype verwyder. Inwoners van die omgewing het al verskeie kere oor die bedrywighede by die meer gekla, en dat hulle onveilig voel. Prostitute bedryf ook hul sake in die voorheen gewilde treinrestourant.

Daar is net een sekuriteitswag op die perseel, wat vertel het van die ongure karakters wat bedags en snags daar bedrywig is. Hy het ook bevestig dat baie mense die perseel en geboue as skuilplek gebruik.

Lees ook: Riebeeck Lake: disaster area

Nog ‘n voorbeeld van skokkende verval is Die Jonkershuis in Riebeeckpark. Die huis is in 1859 gebou. Mense het voorheen van heinde en ver gekom om dié nasionale gedenkwaardigheid te besoek. Die einste huis se voordeur is nou deur ‘n boom toegegroei en drie mans gebruik boonop die huis as slaapplek. Enkele meters van die huis staan vier onwettige sinkstrukture – een het selfs ‘n TV-skottel. Kabels, ligte en ander materiale word daagliks gesteel.

Die area is ‘n seer oog.

“Ek het soveel goeie herinneringe aan die plek – die destydse woonwapark, die kwekery, hoe ons vis gevang het en hoe ons geswem het,” het Ellik gesê.

Die Herald het die gemeenskap se kommentaar gevra en daar was groot reaksie.

“Dit is hartseer dat die plek so lyk. As ek baie geld gehad het sou ek beslis die plek mooi gemaak het. Greenhills-dam ook. Daar kan mens mooi maak sonder geld. As mens al die vuilgoed optel, die gras sny en van die riete uithaal sal dit ‘n lekker plek wees om te gaan sit en ontspan,” het Michelle van Zyl gesê.

“Destyds toe ons dit gebruik het was dit veilig en sonder korrupsie,” het Marie Fourie gesê.

Die kantoor van die swembad.

Ellik het aan die Herald bevestig dat die grond dekades lank al aan die munisipaliteit behoort. Hy het die kwessie van die verval tydens die onlangse IDP-vergadering geopper en is tans besig met ‘n petisie daaroor.

“Die belastingbetalers in Ravenweg is bekommerd oor hul veilighheid weens die onwettige huise in die area,” het hy gesê.

Mense kan op die perseel kom en gaan soos hulle wil en dit is ‘n seer oog vir die dorp. Die pragpark van destyds wat selfs toeriste gelok het, is nou ‘n bitter pil vir inwoners om te sluk.

Die Herald het die plaaslike munisipaliteit vir kommentaar genader en daar is onderneem dat hulle binnekort ‘n volle verklaring sal uitreik.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button