Local newsNews

Kuier om die kole

'n Plaaslike sekuriteitmaatskappy sal die aand sorg dat almal veilig is.

Op 8 Desember gaan Living Links ‘n fondsinsameling vir onder andere minderbevoorregte kinders hou.

Die partytjie by die André Rossouw-saal in Greenhills begin om 4nm en hou aan tot laat.

Kom kuier gerus saam om die kole. Vriende, familie en kollegas word genooi om die jaar se harde werk met heerlike vermaak af te sluit. Bespreek jou kuierplek, bring jou opslaantent, jou braaivleis of piekniekmandjie en kom dans tot sonsopkoms.

Musiekvermaak deur Franna, ‘n kersboom, sokkie, springkastele en ‘n glybaan is net ‘n paar van die lekkertes wat wag. Minderbevoorregte kinders sal ook die aand verras word met ‘n geskenk van Kersvader.

“Verskeie besighede het ook besluit om sommer hul jaareindfunksie die aand by ons te kom hou,” het geleentheid- en bemarkingsbestuurder Shané van Tonder gesê.

Die gemeenskap word uitgenooi om geskenke vir mekaar te bring, wat Kersvader sal uitdeel. Die organisasie het ook reeds groot planne vir 2018. Die aand beloof om groot pret te wees. ‘n Plaaslike sekuriteitmaatskappy sal die aand sorg dat almal veilig is.

“Mense moet kom dans en baie pret kom hê,” het Franna gesê.

Living Links is betrokke by:

• Sosiale en emosionele assessering

• Forensiese ondersoek

• Ouerleiding

• Beradingsdienste

• Arbeidsterapie

• Mediasie

• Spraakterapie

• Sielkundige dienste

• Spelterapie

• Volwassene-terapie

• Remediërende leerondersteuning

• NLP-lewensafrigting

Living Links Wellness se missie is om hulp te bied aan ouers en onderwysers sodat kinders optimaal kan funksioneer met die hulp van maatskaplike werkers, arbeidsterapeute, spelterapeute, spraakterapeute, kindersielkundiges en mediators.

Die praktyk word geïnspireer deur die optimale ontwikkeling en behoefte van ‘n kind as prioriteit te stel.

Vir meer inligting oor die organisasie of oor die funksie, kontak Shané by 079 699 1813 of info@livinglinks.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button