Opinion

Spieëltjie, spieëltjie … wie’t die mooiste Kersfeeshuis?

Indien jy van mense weet, of dalk self een van dié is wat ekstra moeite met hul versierings doen, laat weet ons asseblief daarvan per epos by randfonteinherald@caxton.co.za.

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand? Wie’t die mooiste feeshuis in die dorp of land?

Ek’t ‘n voëltjie hoor fluit dat Randfonteiners alles uithaal wanneer hulle hul huise oor die feestyd versier. Is dit waar?

Indien jy van mense weet, of dalk self een van dié is wat ekstra moeite met hul versierings doen, laat weet ons asseblief daarvan per epos by randfonteinherald@caxton.co.za.

By ons huis hang ons ‘n string kersliggies bokant die gordyne in die sitkamer, twee stringe liggies aan die kersboom en ‘n paar Merry Christmas-bordjies teen die mure. Dit skep vir ons ‘n lekker feestelike atmosfeer. Daarteenoor is daar ander wat die dam behoorlik onder die eend uitruk met hul kersversierings.

In Desember 2013 het thesun.co.uk [https://www.thesun.co.uk/archives/news/412031/the-worlds-most-expensive-christmas-decorations/] berig dat ‘n bloemis van Londen glo die wêreld se duurste kerskrans gemaak het. Hulle het onder meer 16 robyne en 32 diamante daarvoor gebruik, en dié wat dit gekoop het, is aangeraai om dit eerder nie teen hul voordeur op te hang nie. Hoeveel het dit gekos? ‘n Allemintige £2,2 miljoen pond – in vandag se terme: R41,3 miljoen!

In 2010 het ‘n hotel in Abu Dhabi glo ‘n kersboom met juwele ter waarde van £7miljoen pond versier.

Gepraat van die vark uit die ark ruk!

Related Articles

Back to top button