Local newsNews

Plaaslike model met internasionale standaarde

Haar droom is om eendag ‘n prokureur en Mej Suid-Afrika te wees.

Sharica Bondesio het nie net ‘n mooi gesig nie. Sy het ‘n hart van goud. Haar goedhartigheid en liefde vir die gemeenskap was duidelik toe die Herald onlangs met haar gesels het.

Sharica, 9, is ‘n Laerskool Randfontein-leerder en doen ongeveer vier jaar lank modelwerk. Agter die skerms is Sy skaam en ‘n introvert, maar op die loopplank het sy baie selfvertroue.

Sy was tydens die 17de internasionale kultuur-, mode- en kunsfees vir kinders, ook bekend as Little Miss & Little Mister World-kompetisie wat onlangs in Thessaloniki, Griekeland gehou is, een van die meer as 50 kinders uit 20 lande wat deelgeneem het.

Sy het in die kategorie International Model Direction ‘n goud losgeslaan en sy kan nou met die titel Mini Miss World 2017 spog. Sharica is ook reeds as Mini Miss United World South Africa 2017 aangewys, wat dit vir haar moontlik gemaak het om van 23 tot 30 September aan die International Festival of Little Miss World in Griekeland deel te neem. Sy het selfs Griekse regeringsleiers ontmoet.

‘n Paar weke na die kompetisie het Sharica aan die jaarlikse Mini Miss RSA-kompetisie in Stilfontein deelgeneem waar deelnemers toegelaat word om te alle tye kinders te wees en pret te hê. Benewens al die lekker speletjies en uitstappies is daar onderhoude met die deelnemers gevoer, en hul talent en loopplankvaardighede is beoordeel.

Die top vyf deelnemers moes ook ‘n vraag voor die gehoor beantwoord.

Daar word van die titelhouers verwag om in die jaar waarin hulle die kroon dra, minstens drie liefdadigheidsprojekte suksesvol te voltooi, en hul ouers word as hul grootste bron van steun beskou.Sharica het uiteindelik aan al die vereistes voldoen en met die titel Petite Miss RSA 2017 weggestap.

Haar droom is om eendag ‘n prokureur te word en die Mej Suid-Afrika-titel te wen om ‘n groter verskil te kan maak. Haar rolmodelle is Cindy Nel en Armand du Plessis.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button