Local newsNews

Clarice en die Reënboogkidz in R’tein

Na die konsert het die leerders vir hul families gewys wat hulle deur die loop van die jaar geleer het.

Clarice en die Reënboogkidz het die afgelope naweek (18 November) weer in Randfontein kom kuier, dié keer by die Little Angles-dagsorgsentrum.

Die dagsorgsentrum het Saterdag in Laerskool Randfontein se saal die Here se naam geloof en geprys met hul jaarlikse konsert saam met Clarice Pieterse. Clarise is ‘n Afrikaanse sanger en aktrise wat bekend is vir haar optredes saam met Rooies die Liewenheersbesie. Haar droom is om deur haar musiek kinders oor God te leer.

Die kinders van die dagsorgsentrum – van twee tot ses jaar oud – het 11 liedjies saam met Clarice gesing en op die maat daarvan gedans. Mammas, pappas, oumas, oupas en die hele familie het die 36 leerders ondersteun.

Na die konsert het die leerders vir hul families gewys wat hulle deur die loop van die jaar geleer het. Hulle het as ‘n groep saam in Afrikaans, Engels en Tswana die dae van die week opgesê en tot 30 getel.

“Die dag sou nie so ‘n groot sukses gewees het as dit nie vir die ondersteuning van die ouers was nie,” het die Little Angles-eienaar, Chevonne Buitendag gesê.

Die leerders kon ook nie wag om ‘n foto, DVD en CD van Clarice te koop nie.

Die dagsorgsentrum, wat binnekort ‘n kleuterskool sal wees, het baie min plek oor vir volgende jaar. Skakel gerus die eienaar en hoof, Chevonne Buitendag by 082 340 9894 vir meer inligting.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button