Local newsNews

Randpoort Tuiste se Waterdikkoppe kies vir Trienie

"Ek moes my geliefde kat laat uitsit, en nou is hierdie voëltjie vir my 'n groot troos," het Trienie met trane in haar oë gesê.

Trienie Venter, 78, van Randpoort Tuiste het onlangs haar spesiale gas, ‘n waterdikkop, aan die Herald voorgestel.

Trienie, wat al vyf jaar in Randpoort Tuiste bly, het vertel dat die mannetjie en wyfie al so twee jaar in die omgewing voorkom en dat sy spesiaal voel omdat die wyfie spesifiek haar huisie se rotstuin gekies het.

Trienie Venter, 78, van Randpoort Tuiste.

“Ek moes my geliefde kat laat uitsit, en nou is hierdie voëltjie vir my ‘n groot troos,” het sy met trane in haar oë gesê.

Dié uitsonderlike voël se wetenskaplike naam is Burhinus capensis – Spotted thick-knee in Engels. Trienie het gesê dat dit tans die voëls se broeityd is en het vir die Herald die twee eiers gewys. Die voëls lê gewoonlik net twee eiers wat na ongeveer 24 weke uitbroei. Die wyfie is so beskermend teenoor haar twee eiers – as jy te naby gaan, sprei sy haar vlerke en sal jou probeer aanval.

Die wyfie se twee gespikkelde eiers.

Trienie het verduidelik dat waterdikkoppe eintlik nagvoëls is, maar dat mens hulle wel bedags sien. Hulle hou van kort gras, en op ‘n plaas sal mens hulle selfs naby beesmis opmerk. “Wanneer hulle nesmaak, skrop hulle net ‘n bietjie grond weg,” het Trienie gesê.

Die Herald was verbaas toe Trienie vertel het dat die mannetjie bedags rondloop, maar dat hy sy wyfie saans kom haal sodat hulle kan eet. Hulle eet ook omtrent alle tipes insekte. “Party aande paradeer hy op en af verby sy wyfie en hul twee eiers.”

Die wyfie beskerm so haar eiers en sal aggresief raak as sy voel hulle word bedreig.

Die voëls kom voor op plase, plotte en in sekere gebiede in die stad.

Trienie is baie besorg oor die familie waaraan sy so geheg geraak het, en maak seker hulle word nie gepla nie …

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button