Opinion

Aan AfriForum: Hoekom nie eers die dorp bystaan nie?

Ons wil julle graag ondersteun, maar as dit is hoe julle te werk gaan, dan dink ek nie juis veel van julle nie.

As ‘n inwoner van Randfontein is ek ongelukkig oor hoe AfriForum vir mense reg oor die land met voer vir diere help, maar ek wil graag hoor hoekom kan dié wat in Randfontein sulke wonderlike gebare doen, nie die mense hier op plase en plotte ook help nie?

Dis goed en wel dat almal landswyd ‘n verskil wil maak maar as ‘n Randfonteiner dink ek begin eers by jou eie dorp en wyk voor jy probeer naam maak op ander dorpe.

Ek ry in Finsbury al die pad tot by Ten Acres en al wat ek sien is dooie gras, en uitgeteerde skape en beeste.

AfriForum, ons wil julle graag ondersteun, maar as dit is hoe julle te werk gaan, dan dink ek nie juis veel van julle nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button