Local newsNews

Familie die teiken van brandstigters

Hy was baie braaf, en het sterk gestaan vir ons gesin.

George, 40, en Jo-Anne Prinsloo, 27, het die skok van hul lewens gekry toe hulle op Saterdag, 28 Oktober, omstreeks 11nm tuis gekom nadat hulle by vriende gekuier het.

Toe hulle nader ry, het Jo-Anne iets gesien flikker. Hulle het eers seker gemaak hulle kinders van 14 en 5 jaar oud is veilig voordat hulle tot by die huis gery het.

Ons bakkie, die dak en ons bale hooi was aan die brand, en die vensters het weens die hitte gebreek,” het ‘n geskokte Jo-Anne vertel. George het nie op hom laat wag nie. Hy het die sekuriteitshek uitgeruk en op die dak gespring om die vuur onder beheer te probeer kry.

“Hy was baie braaf, en het sterk gestaan vir ons gesin. Die gemeenskapspolisiëringsforum- (GPF-) lede het amper dadelik opgedaag en die vlamme probeer blus. Die brandweer is gebel, maar toe hulle op die toneel opdaag, was die vuur omtrent heeltemal geblus,” het Jo-Anne verder gesê.

Die uitgebrande Isuzu 300-bakkie. Foto ingestuur.

Randfontein-polisie was ook daar.

Die beamptes het aan die paartjie gesê dat dit brandstigting om een van twee redes was. Dit was óf ‘n persoonlike aanval op die gesin, óf misdadigers het die brand gestig om hulle uit hul huis te lok en hulle dan te oorrompel.

Die vuur is op drie plekke aangesteek. Ek kan nie dink wie so iets aan ons sou wou doen nie. Ons het nie vyande nie, en ons hou daarvan om mense te help,” het Jo-Anne verslae gesê.

Die gesin, wat al vyf jaar op die perseel bly, het nog nooit enige soortgelyke probleme gehad nie. Jo-Anne het die Herald die voetspore gaan wys waar die aanvallers deur die betonmuur geklim het.

Om alles te kroon het die gesin nie versekering op hul huis of voertuie nie. Hulle vyfjarige dogter ontvang ook berading weens dié tragedie. Hulle woon tans by vriende.

Jo-Anne het verder vertel hoe groot die Here se genade is, want die volgende dag was talle lede van die gemeenskap daar om te help. Jo-Anne het trane in haar oë gekry toe ‘n bakkie gratis aan haar man gegee is.

Die gesin bedank graag die volgende mense:

• Hul ouers en ander familie en vriende
• Billy – Rhino Construction
• Jimmy Pappas van Uncle Harry’s Roadhouse
• Deon Wasserman – Jack’s Paint
• Maritz le Roux – 111 Plumbers
• Gerhard – GAR
• Casper en Grietjie le Roux – CJ le Roux Inc
• Casper jnr en Toanné le Roux
• Nico Hartslief – Hartslief Sales
• Johan en Melinda van Heerden
• Brian Venter – Westgate Meat Market
• Johnny Da Cahna
• JVH Service Centre cc
• Eduan Coetzee – Jabula Plant Hire
• Randfontein Snoekerklub

Al dié mense het dadelik hulp aan die Prinsloos verleen.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button