Local newsNews

Vyfhonderd jaar in R’tein gevier

Die NG Kerk Helikonpark was die trotse plaaslike aanbieders van die feesviering wat reg oor die wêreld plaasgevind het.

Kerke reg oor die wêreld het op Dinsdag, 31 Oktober die dag herdenk toe Martin Luther presies 500 jaar gelede op 31 Oktober 1517 sy 95 stellinge aan die deur van die Kasteelkerk in Wittenberg vasgespyker het.

Luther was ‘n Duitse professor in teologie, ‘n komponis, priester en monnik. Hy was gekant teen die feit dat kerke soos ‘n besigheid bedryf is en geglo het dat genade te koop was.

Die kerk se nuwe preekstoel wat ‘n ‘n replika is van die een wat in oudste gemeente in die voormalige Transvaal gebruik is.

Die vyf solas (slagspreuke) is vyf Latynse frases wat tydens die Protestantse Hervorming gebruik is om die onderskeid tussen die vroeë Hervormers en die Rooms-Katolieke Kerk te beklemtoon. ‘Sola’ is die Latynse woord vir ‘alleen’ en is gebruik in vyf belangrike leerstellings wat die Bybelse pleidooie van Protestante omskryf het.

Die vyf solas van die Protestantse Hervorming:

• Sola gratia – Net genade

• Sola fide – Net geloof

• Solus Christus – Net Christus

• Sola scriptura – Net die Bybel

• Soli Deo gloria – Net aan God al die eer

Die NG Kerk Helikonpark was die trotse plaaslike aanbieders van die feesviering wat reg oor die wêreld plaasgevind het. Ongeveer 400 gemeentes van Noordwes en Gauteng het die dag hier bymekaar gekom.

Die tema en die kos het die viering gekomplementeer en die gemeente se nuwe preekstoel, wat ‘n replika is van die een wat in 1842 in die Moedergemeente in Potchefstrrom gebruik is, is ten toon gestel.

“Ons vier elke jaar Hervormingsdag op die laaste Sondag van Oktober en hier is vandag ‘n heerlike feestelike atmosfeer,” het dominee Nico van Rensburg gesê.

Interessanthede oor Martin Luther:

Luther het in 1522 sy Duitse vertaling van die Nuwe Testament gepubliseer, en hy en sy medewerkers het die vertaling van die Ou Testament in 1534 voltooi waarna die hele Bybel in Duits beskikbaar was. Hy het tot aan die einde van sy lewe gewerk om die vertaling te verfyn.

Sonder Luther sou die kerkgeskiedenis heel ander verloop het.

Die NG Kerk Helikonpark wil ook graag hul nuwe naam bekendstel, naamlik Tetelestai, wat beteken ‘dit is volbring’.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button