Local newsNews

Grain Care Trust bederf 400 bejaardes!

'n Totaal van 400 bejaardes is deur Grain Care Trust in Krugersdorp bederf. Vriendskaptuiste se bejaardes was ook daar.

Op Donderdag, 19 Oktober, het die Grain Care Trust 400 bejaardes by die Suiderlig NG Kerk in Krugersdorp-Wes met ‘n ‘piekniek’ bederf.

Vriendskaptuiste se bejaardes was ook by die geleentheid.

Marie Scholtz van Vriendskaptuiste loer wat in haar mandjie is. Foto: Bianca Pindral.

Elke gas het ‘n piekniekmandjie met heerlike eetgoed en ‘n geskenkie ontvang. “Hierdie was ‘n ongelooflike ervaring vir elke persoon wat dit bygewoon het, en om elke bejaarde se gesig te sien was ‘n belewenis,” het Mariaan le Roux, besturende assistent en kantooradministrateur van Grain Care gesê.

“Ons bedank al ons borge hartlik. Dankie ook aan gaskunstenaar Manuel Escorcio. Die bejaardes het sy optrede natuurlik baie geniet,” het sy verder gesê.

Die 156 pryse vir die gelukstrekkingwenners is geskenk deur:

• Grain Care

• Tony’s Meat Market

• Cum Boeke

• Westgate Meats

• Johanna Maree van Hulpsorg SA

• Uncle Harry’s Roadhouse

• Pierre Byliefeldt

Grain Care Trust is ‘n niewinsgewende organisiasie wat fokus op ‘n wye spektrum graanverwante dienste in Suid-Afrika, asook die vervoer van graan- en ander produkte. Hul hoofkantoor is in Randfontein en is ook streeksverteenwoordig.

“Dit was ‘n groot droom en dankbaarheidsgebaar aan ons Hemelse Vader om in die graanbedryf ‘n liefdadigheidsprojek te laat funksioneer as ‘n eie identiteit,” het Mariaan gesê.

Hulle wil ‘n verskil maak – in kinderharte, vir bejaardes, binne ‘n gesin, vir die honger persoon en dié wat in nood verkeer.

Omdat daar egter soveel nood is, is Grain Care Trust genoodsaak om ook fondse in te samel om ‘n verskil in die lewensgehalte van mense in nood te maak. Hulle het die gemeenskap se hulp daarmee nodig sodat almal saam ‘n verskil kan maak en meer mense kan help.

Die donasies (hetsy geld of voedsel) word behoorlik bestuur en vir ‘n wye spektrum van projekte aangewend:

• Kinders in nood/ Kinderhuise/ Babas

• Gestremdhede (fisies en psigies)

• Gesinne in nood (veral om te voorsien in basiese behoeftes)

• Behoeftige skole en kerke

• Mediese nood

• Bejaardes

• Hawelose gesinne

• Kersfeesprojekte, veral aan arm gemeenskappe en kinderhuise

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button