NewsSchools

Totsiens Riebeeckrand! – Graad 12’s

Skoolhoof Annelize van den Berg het die realiteit van die 'grootmenslewe' verduidelik deur Bill Gates aan te haal.

Op Vrydag, 20 Oktober was dit weereens tyd vir Hoërskool Riebeeckrand se spesiale Poortloop. Tydens dié seremonie sê die Graad 12’s finaal totsiens.

Al die Riebeeck-leerders het eers in die saal vergader waar die hoof, Annelize van den Berg, die leerders en onderwysers toegespreek het. Angelique Groenewalt, die 2017-hoofdogter, en Tiaan Smith, die 2017-hoofseun, asook die nuwe hoofdogter en hoofseun, Larisha van Wyk en Renaldo Luit, het elkeen ook ‘n spreekbeurt gekry.

Hoofmeisie en hoofseun van 2017, Angelique Groenewalt en Tiaan Smith.

Annelize het die realiteit van die ‘grootmenslewe’ verduidelik deur Bill Gates aan te haal. Hy het onder andere gesê dat die lewe nie regverdig is nie. Jy moet hard werk vir jou inkomste, en as jy gedink het onderwysers was moeilik, dan moet jy ‘n baas sien. Los die selfoon, kom weg voor die televisie en pak eerder jou kamer reg. Hy het volgens Annelize ook gesê dat die televisie nié die werklikheid is nie.

Sy het die Graad 12’s alle voorspoed toegewens en gesê, “Ons hoop as skool het ons julle die vaardigheid geleer om oor die moeilike rotsblokke wat in die lewe voorkom, te klim”.

Hoërskool Riebeeckrand se Graad 12’s, op pad na die poort toe.

Na ‘n gebed het die leerders almal naby die poort vergader, en die Graad 12’s het dapper, met gemengde gevoelens deur die poort gestap. Annelize en die Beheerliggaam het aan elkeen ‘n sertifikaat oorhandig. Daar was trane en baie drukkies. Ouers het buite die poort gestaan om die oorgang van hulle kinders van skooldae tot die nuwe wye wêreld te sien.

Graad 12’s, Marlie de Beer, Charnell Oberholzer, Chenel Engelbrecht en Nicole Buitendag.

Daarna het die akademiese prysuitdeling plaasgevind. Die seremoniemeester was Louis du Plessis. Toekennings wat oorhandig is, was in die vorm van –

• Vakprestasie- en gouessertifikate

• Balkies

• Erekleure

• Lourierkleure

• Trofees vir beste vakpresteerders

• Trofees vir die veelsydigste seun en dogter

• Trofee vir die dux-leerder

Daarna is hulle kerk toe waar die diens waargeneem is deur doktor Johan van Staden. Dit was ‘n dag vol emosie, maar al die Graad 12’s kan uitsien na ‘n blink toekoms.

Annelize van den Berg, Hoërskool Riebeeckrand se skoolhoof, verwelkom almal.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button