Local newsNews

Lollos is binnekort in die dorp

AANDAG OUERS: Moet nie die opvoedkundige en veral prettige Afrikaanse vertoning, Lollos, vir kinders van 1 tot 10 jaar oud op 27 Oktober misloop nie.

Lollos, die vriendelike karakter van Lalaland, maak op Vrydag, 27 Oktober ‘n draai in Randfontein. Die hele gemeenskap se kleingoed word uitgenooi om die opvoedkundige en veral prettige Afrikaanse vertoning by te woon wat gerig is op kinders van 1 tot 10 jaar oud.

Oudergewoonte is die vertoning propvol energieke liedjies en grappies, en die gehoor kan lekker saam met ou bekende Lollos-liedjies dans en saam opgewonde raak oor vars, nuwe treffers soos Voer die Varkie Vet, Woep-Wap en Lalalollie.

Lollos, Lettie, Disco en Karla sien vreeslik daarna uit dat hul maatjies hulle kom ontmoet.

Die vertoning beloof om ‘n hele paar verrassings vir die kleinspan te hê. Dit word om 6nm by die AGS Kerk in Randgate aangebied en kaartjies beloop R80 per persoon. Elke kind sal ook ‘n gratis, gesonde Footy’s-produk ontvang.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos aan admin@kindervermaak.co.za of kontak 082 868 3056/ 082 410 7682.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button