CrimeNews

Man aangerand deur huurders

Verhuurder van Greenhills is onlangs erg deur sy huurders en vermoedelik hul familie en vriende aangerand.

‘n Verhuurder van Greenhills is onlangs erg deur sy huurders en vermoedelik hul familie en vriende aangerand nadat hy hulle gevra het om sy perseel te ontruim. Hy oorweeg nou regstappe.

Die voorval het op Dinsdag, 10 Oktober plaasgevind, waartydens hy onder andere met ‘n krieketkolf en stukke motorgereedskap aangeval is.

Lees ook: Man, 51, aangerand vir vuurhoutjies, sigarette

Volgens die verhuurder het hy reeds twee maande gelede die huurders in kennis gestel dat hulle uit die huis in Westonaria moes trek en dat hy en ‘n vriend selfs aangebied het om hulle te help. Die dag waarop die huurders sou trek het die polisie hulle glo ook aangeraai om te gaan. Die verhuurder het vertel dat hy, ‘n vriend en ‘n paar werkers het probeer om die huurders te help om van hulle besittings van sy perseel te verwyder, maar toe die polisie ry het daar erge chaos uitgebreek.

Die slagoffer, wat nie ‘n mediese fonds of die nodige fondse nie, moet dringend ‘n operasie ondergaan wat R87 000 sal beloop.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button