Opinion

Mense ek waarsku julle daai pad is sleg!

Ek is nie in beheer van lewe en dood nie, ons Skepper is, maar wees versigtig, veral in die aand.

Die pad wat ons Carletonville toe ry – deur Helikon Park, verby die NG Kerk en dan die robot wat na ‘n sementbesigheid ook gaan – is in ‘n toestand.

Met skok ry ons een Donderdagmiddag dié pad.

As dit gereën het, kan ‘n mens nie die gate sien nie. Sjoe mense, dit is erg diep. Mense verloor daagliks hul lewens. Ek wil dit tog graag onder jul aandag bring dat julle vir my sal help om ander mense te waarsku.

Mense kyk uit asb, hou julle spoed, as daar ‘n voertuig of ‘n motorfiets deur daai slaggat gaan, is julle bande asook die rims daarmee heen. Wat nog van die beserings wat jy kan opdoen soos erge nek- of rugbeserings, of selfs jou lewe verloor? Ek is nie in beheer van lewe en dood nie, ons Skepper is, maar wees versigtig, veral in die aand.

Ek bring dit graag onder jul aandag. Ek voel die pad en sekere strate op dieselfde roete moet dringend aandag geniet.

Ek weet waar die slaggat is. Ek ken nie die straatname nie. Die munisipaliteit moet dringend aandag gee. Mense ek waarsku julle daai pad is sleg!

Related Articles

Back to top button