Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #36 – Martin Botha

Die 36ste persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog voorgestel.

Op Dinsdag, 3 Oktober, het die Herald in die 36e aflewering van #Leer ‘n Teiner ken, vir Martin Botha, 20, ontmoet. Hy is dié week gekies om homself aan Randfontein voor te stel. Met sy selfvertroue en agtergrond was dit vir hom ‘n maklike taak.

Martin is die Jeugvoorsitter van die AfriForum-tak in Randfontein. Hy is in Life Robinson Hospitaal gebore, was ‘n hele paar jaar later hoofseun van Laerskool Avante, en het sy hoërskooldae by Hoërskool Riebeeckrand geslyt.

Hy gesels hier met ons:

Martin verkies die bos bo die see, en sy droom is om eendag in Griekeland vakansie te hou. Hy is ‘n petrolkop wat hou van motors en motorfietse, en het ‘n groot liefde vir jag. As dit by sport kom, is hy natuurlik ‘n rugbyaanhanger.

Hy is ook lid van die Active Disciples Riding 4 Jesus (ADR4J) Motorfietsklub in Randfontein. Op ‘n warm dag geniet hy ‘n braaitjie en ‘n biertjie, maar sal nie nee sê vir Romans Pizza nie.

Martin Botha, ‘n petrolkop met ‘n liefde vir jag ook.

Hy is al twee jaar in ‘n verhouding met Symone Mostert, 21, en sy beste vriend vir sewe jaar lank is Tiaan Dickinson, 19.

Sy leuse in die lewe is om ‘n groot sukses te maak met die talente wat hy ontvang het.

Randfontein moet dié man definitief dophou.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button