Local newsNews

G’n uitdaging te groot vir kreatiewe Myrlandi

Inwoner se kreatiewe hande staan vir niks verkeerd nie en geen uitdaging is vir haar te groot nie.

Myrlandi Nel, 35, is ‘n vrou van vele talente. Haar hoofdoel is om mense se harte aan te raak.

Myrlandi woon ongeveer twee jaar in R’tein, maar die dorp het reeds in haar hart wortelgeskiet. Sy is getroud en die trotse ma van ‘n negejarige dogter.

Myrlandi met een van haar kreatiewe ontwerpe.

Myrlandi se hande staan vir niks verkeerd nie en geen uitdaging is vir haar te groot nie. Sy en haar man, Louis, is die afgelope twee jaar betrokke by ‘n inisiatief genaamd Harts-Tog. Hulle fokus op uitreikaksies soos berading, huwelikseminare, kampe en voorhuwelikse klasse. Die hoofdoel van die inisiatief is om huwelike te verryk. Hulle het onlangs ‘n gospel-CD vrygestel met die titel Hartstog – en ek kom na U.

“Die naam Harts-Tog beteken jou reis met die Here en die lewenspad waarlangs jou hart stap,” het Myrlandi gesĂª.

Sy het vertel dat haar pa twee jaar gelede oorlede is en daarom het sy besluit om elke dag voluit te lewe en om haar drome na te jaag.

Sy het ook ‘n jaar gelede besluit om studie in bediening aan te pak. Die egpaar is ook as jeugouers by die kerk betrokke. Sy is baie trots daarop dat hulle ambassadeurs vir die tydskrif Intiem is. Daardeur raak hulle ook harte oor ‘n breĂ« spektrum aan, het sy vertel.

Myrlandi het haar eie onderneming wat kinderklere maak en drukwerk doen. Elke dag bied ‘n nuwe uitdaging wat haar kreatiwiteit toets.

“Elke ontwerp is iets nuuts en niemand se eindproduk is dieselfde nie. My onderneming moet nooit soos ‘n werk voel nie, want dit is ‘n passie en ek leef elke dag my passie uit,” het Myrlandi gesĂª.

Wanneer sy nie besig is met haar daaglikse verpligtinge nie, geniet sy kosbare tyd saam met haar gesin. Sy het vertel dat hulle daarvan hou om saam te hengel en te kamp, en dat sy graag viool en klavier speel. ‘n Ander passie is om mense te onthaal en om te bak en te brou.

Sy sal graag eendag onthou wil word as iemand wat mense se harte aangeraak het, wat voluit gelewe het en nie bang was om te waag nie.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button