Local newsNews

Video oor droogte raak die hartsnare aan

'n Besigheid in Aureus daag ander uit om hul donasie van R5 000 te oortref om die boere in die droogtegeteisterde Noord- en Wes-Kaap te help.

‘n Inwoner van Aureus het ‘n hartroerende video op sosiale media gesien oor die nood waarin desperate boere in die Noord- en Wes-Kaap weens die voortslepende droogte verkeer.

Die vee word by die dag maerder. Foto: Ingestuur.

Wessel Badenhorst, 50, wat by Max Power Services in Aureus werk, het vertel dat hy nie anders kon nie as om die boere te wou help. Hier is die skakel vir die video wat hom daartoe aangespoor het:

VIDEO deur Ramkat Extreme

https://www.youtube.com/watch?v=KM4GAMDH9-g&feature=youtu.be

‘n Vergadering is toe gehou en daar is besluit dat Max Power Services self donasies sal insamel en dit Calvinia toe sal stuur.

“Ek sien boere as my helde, hulle het die gevaar van plaasaanvalle en boonop die natuurelemente,” het Wessel gesê.

Hope vee vrek elke dag weens die droogte. Foto: Ingestuur.

Max Power Services het R5 000 vir die boere bymekaar gekry.

Wessel en Herman de Koker het die poging een stappie verder geneem en daag nou alle besighede uit om hul bedrag van R5 000 te oortref. Inwoners word ook om hulp gevra, al is dit net R15.

Die verdorde veld. Foto: Ingestuur.

• Navrae: Kontak die Herald by 011 693 3671 indien u belangstel om ‘n bydrae te maak of die uitdaging te aanvaar.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button