Local newsNews

DA-voorsitter sien lig aan die einde van die tonnel

Politikus Evert du Plessis sien 'n rookleurige toekoms vir die dorp.

Evert du Plessis, 43, Streeksvoorsitter van die Demokratiese Alliansie (DA) aan die Wes-Rand konsentreer meer op die positiewe as die negatiewe aspekte van die dorp.

Evert, oorspronklik van Carletonville, was tien jaar lank raadslid die Greenhills- en Homelake-area spesifiek Wyk 6. Hy is getroud en het twee kinders, ouderdomme 9 en 12.

Evert beklee al twee en ‘n half jaar ‘n oorsigfunksie op politieke en administratiewe gebied in die plaaslike munisipaliteite van Rand West en Mogale City.

Hy het politieke wetenskap aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus bestudeer en het ‘n groot passie vir politiek. Hy is ook besig met sy nagraadse studie by die Universiteit van die Witwatersrand.

Hy ‘n realis met ‘n positiewe uitkyk op die lewe. Die mense van Randfontein lê hom baie na aan die hart en hy glo Randfontein het baie potensiaal.

“As mens positief is, kan dit net beter gaan. Dit is wat ons aan ons jeug moet oordra. Ons almal kan ook meer aktief in die gemeenskap betrokke raak.

“Tambotie Winkelsentrum is ‘n uiters goeie ding wat in ons dorp gebeur het. Dit bring investering in Randfontein en spaar baie inwoners petrol aangesien hulle voorheen altyd Krugersdorp of Roodepoort toe moes ry,” het Evert gesê.

Hy voel egter dat party mense in die gemeenskap soms te negatief kan wees. Hy vra ook dat meer mense die DA-vergaderings bywoon waar oplossings vir die probleme bespreek kan word.

“Elke dorp en land in die wêreld het probleme. Ons kan almal meer positief wees, kommunikeer en mekaar help,” is sy raad.

Die grootste probleme in Randfontein is volgens Evert die slaggate, en die riool- en waterprobleem. Randfontein het met ‘n spoed begin uitbrei, en die infrastruktuur kan nie bybly nie.

Oorstromings en rioolwaterprobleme kom dikwels voor want die rioolstelsel kan nie die druk van al die nuwe uitbreidings dra nie. Dreine word ook verstop deur boomwortels wat daarin groei.

Die slaggate word hoofsaaklik veroorsaak deur die aantal verkeer (groot deel van Randfontein se besighede is groot trok maatskappye en besighede wat van groot trokke gebruik maak.)

Die nodige onderhoud word egter ook nie aan die paaie gedoen nie. “In baie gevalle word die slaggate op die verkeerde manier gevul en na ‘n kort rukkie vorm dit weer,” het hy gesê.

Die Herald was verras toe Evert noem dat Carte Blanche genoem het dat die skade wat een oorlaaide voertuig aan die pad aanrig, gelyk is aan dié wat 20 000 motors veroorsaak. Trokke is wel nie die probleem nie, maar wel die roetes deur die dorp.

Evert se leuse is, “If we don’t make a change, who will?”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button