Local newsNews

Hier gaan ontspanning en verf hand aan hand

By Op-ge-tof leer mense in 'n ontspanne atmosfeer verf. Alet vertel meer.

Die naam van die winkel ‘Op-ge-tof’ gee mens reeds ‘n idee dat iets spesiaal daarbinne wag. Dit is hier waar Alet van der Westhuizen, Nicoleen van Tonder en Ilse Galvan mooi goed bymekaar maak, maar ook mense in ‘n ontspanne atmosfeer leer verf.

Die drie vroue wys vir enigeen wat kreatief is of wil wees, hoe maklik dit is om ‘n spesiale tipe verf te gebruik. Die Herald was verbaas toe Alet vertel het dat mens selfs jou sitkamermmeubels daarmee kan verf. “Hier by Op-ge-tof leer Ilse en Nicolene vir mense allerhande verftegnieke,” het sy verder gesê. Alet het van die items gewys wat al met dié spesiale geverf opgekikker is, en dit is werklik uniek.

Dié wat kom verf, kry ook ‘n lekker stukkie koek en heerlike koffie.

“Ek voel ons as ‘n gemeenskap kan mekaar meer ondersteun en ‘n helpende hand gee vir dié in nood. Ek besef almal kry swaar, maar ons moet meer met mekaar kommunikeer,” het Alet gesê.

Alet bly haar lewe lank in Randfontein en het gesê dat sy van die mense in die dorp hou en dat baie mense in Randfontein al baie bereik het. Sy beskryf haarself as ‘n mens-mens, en hou ook daarvan om funksies aan te bied.

Sy was 22 jaar lank in die reisbedryf waar sy die kans gehad het om die wêreld te verken. Haar gunsteling plekke is Mauritius, Spanje en Italië. Sy glo dat mens minstens een keer in jou lewe moet reis, en hoe gouer hoe beter.

“Daar leer jy die goed en die sleg, jy word straatslim en jy ontdek ander kulture,” het Alet vertel. Sy glo ook dat mens moet doen waarin jy belangstel aangesien dit jou gelukkig maak en gewoonlik suksesvol laat word.

Alet het twee dogters – Kyle in Graad 11 en Zuniga is in haar vierde jaar aan die Universiteit van Stellenbosch.

Enigeen wat sou belangstel om lekker te gaan verf en net te ontspan, is welkom om 064 0588 148 te skakel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button