NewsSchools

Snikhete Riebeeckrand-gholfdag ‘n groot sukses!

"Die ondersteuning en bydraes van ons borge word opreg waardeer," het Elzeri gesê.

Hoërskool Riebeeckrand het hulle jaarlikse gholfdag onlangs by die Randfontein Gholfklub gehou.

Talle spelers het kom gholfstokke swaai om die jaarlikse fondsinsamelingsprojek te ondersteun.

Een van die deelnemers in aksie. Foto: Ingestuur.

“Die dag was ‘n reuse sukses ten spyte van die drukkende hitte waarin die spelers moes speel,” het Elzeri Wright, Hoërskool Riebeeckrand se woordvoerder gesê.

Dit was vir Riebeeckrand lekker om soveel ondersteuning van die ouers en publiek te ontvang, en hulle kon die dag met ‘n vol baan aanpak.

Die skool bedank graag hul hoofborge, Boz Sekuriteit, John Rick Mining and Engineering, Ben Morgenrood en Buco Hardeware, asook elke maatskappy wat ‘n putjie geborg het.

Een van die deelnemers in aksie. Foto: Ingestuur.

“Die ondersteuning en bydraes van ons borge word opreg waardeer,” het Elzeri gesê.

Die vierbal-wenners van die dag was Danie Smith, Francois Holtzhausen, Erenst Nortje en Dewald Nortje. Kyle Grové, ‘n Graad 8-leerder van Riebeeckrand, was die naaste aan die pen.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button