CrimeNews

Besigheidseienaar geïdentifiseer na skietvoorval

Die sakeman wat Sondag, 10 September aan skietwonde beswyk het, is Willem du Plessis.

Die sakeman wat Sondag, 10 September aan skietwonde beswyk het, is Willem du Plessis.

Lees oorspronklike artikel hier: Bekende sakeman under raaiselagtige omstamdighede doodgeskiet

Nita Oosthuizen, Du Plessis, se kleinniggie, het aan die Herald bevestig dat Du Plessis die eienaar is van Love a Pet, ‘n bekende dierewinkel in die gemeenskap. Die gemeenskap in en om Randfontein is geskok deur sy skielike en tragiese dood.

“Willem het ‘n verskriklike groot liefde vir diere gehad – vir diere was sy hart baie, baie klein. Sy grootste liefde was Amerikaanse veghonde. Ons innige meegevoel met die res van die familie, vriende en gemeenskap,” het Oosthuizen gesê.

Hier is ‘n paar uittreksels uit die kommentaar oor Du Plessis se dood op sosiale media:

• Groot skok, was jare lank bure. RIP Willie.

• Rus in vrede en sterkte aan sy familie. Ons innige simpatie.

• Innige simpatie aan familie! Rus in vrede!

• Sjoe, dis hartseer. Simpatie vir die familie, hy het ‘n goeie hart gehad en my gehelp sonder om my enige fondse te [laat] betaal vir my voëltjie.

ER24-paramedici het gisteraand, net voor 6nm die noodoproep ontvang en was kort daarna op die toneel van die skietery. Du Plessis was toe reeds dood. EPR Sekuriteitsdienste was ook op die toneel.

Die omstandighede waaronder hierdie tragiese skietvoorval plaasgevind het, kan nog nie bevestig word nie. Kaptein Appel Ernst, Randfontein-polisiewoordvoerder het gesê dat sy in hierdie stadium slegs kan bevestig dat daar wel ‘n skietvoorval was.

Daar word beweer dat Du Plessis, sy vrou en seun in die huis was toe die skietery plaasgevind het.

Die Herald sal meer besonderhede deurgegee sodra die betrokke partye dit bevestig het. Daar word op ‘n verklaring van die Randfontein-polisie gewag.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button