NewsSchools

Rappies Preprimêr hou ‘n fees en ‘n half

Oud en jonk, van twee- tot 82-jariges het onder andere 2km gestap, gedraf en met verf baljaar in Randpoort se strate tydens Rappies se Rainbow Run en Mini-Skou die afgelope naweek.

Rappies Preprimêre Skool het die afgelope Saterdag (9 September) hul Rappies Rainbow Run en Mini-Skou op Laerskool Rapportryer se sportgronde gehou.

Kleuters, leerders, ouers, vriende en familie het dit bygewoon om die lente op ‘n heerlike manier af te skop.

Chris en Natacia Lottering was daar saam met hul kinders en het baie pret gehad.

Sonja van Tonder, wat al 17 jaar hoof is by Rappies Preprimêre Skool het aan die Herald vertel hoe suksesvol die dag was en hoeveel pret almal gehad het.

Sonja het gesê haar skool het 370 kleuters – van babas tot Graad R’s. Mens kan jou dus indink hoeveel mense die lekker dag ondersteun het. Oud en jonk, van twee- tot 82-jariges het die 2km-afstand in Randpoort se strate gestap afgelê.

Anriette Loren, het pragtig gesing en toeskouers was gaande oor haar.

Langs die roete is die deelnemers met poeierverf bestrooi en aan die einde het almal weer op die sportterrein bymekaar gekom waar daar meer as 60 stalletjies, kos om te kies en te keur gewag het. Daar was ook ‘n biertuin waar die manne kon afsaal.

Daar was vermaak uit die boonste rakke vir die kinders. Hulle kon kies uit Zorb Racing, ‘n Velcro-muur, meganiese branderplank, ponies, ‘n treintjie, trapkarre, Splat Ball Gaming, springkastele, fotogeleenthede en soveel meer.

Dylan Mellett, 5, ry branderplank in Randgate.

Die gaskunstenaars was van die beste. Michael Tushki, Cairo Moon Belly Dancers, Anriette Loren, Rapportryer se Juniorkoor, Linda Killian, Charlene Joubert, Philip Moolman, die bekende Saarkie, Dagdroom en Gert Koevert het opgetree. Die Rappies Junior en Senior Pom-Poms, asook die Pom-Poms van onderskeidelik Hoërskool Jan Viljoen en Hoërskool Riebeeckrand het die oë laat rek met hul toertjies.

Dit was omtrent ‘n kleurvolle dag in Randgate.

Al die kunstenaars, behalwe Dagdroom en Philip Moolman, word deur Mad Events Entertainment van Randfontein bestuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button