MunicipalNews

Reën skaars in die Noord-Kaap: 56 bale voer op pad van R’fontein

Afriforum R'fontein tesame met 'n plaaslike boer help ander in die droogtegeteisterde gebiede van Pofadder en Calvinia in die Noord-Kaap.

Inwoners en boere in die Noord-Kaap is op hul knieë weens vanjaar se droogte wat as die derde ergste in 55 jaar beskou word.

Hierdie seisoen is sedert 1960 die derde droogste seisoen wat nog aangeteken is.

“Het jy al ooit in die leë oë van ‘n honger dier gekyk en die impak besef wat die droogte nie net op mense het nie, maar ook op diere?” het Matium van Vuuren, AfriForum Randfontein-takvoorsitter gesê.

Dié burgerregte-organisasie het dit vir die derde keer vanjaar moontlik gemaak dat veevoer aan boere in Pofadder en Calvinia in die Noord-Kaap gelewer word. ‘n Plaaslike boer, Mario Botha het besluit om 56 bale voer te skenk om die nood te probeer verlig.

Volgens Matium het die spesifieke boer, wat die skenking ontvang het, soveel beeste weens die droogte verloor dat hy tans slegs 350 oor het. Dié boer benodig ses bale voer per week om sy 350 beeste aan die lewe te hou, maar die droogte het hom die afgelope 14 maande soveel geld uit die sak gejaag dat hy nie meer voer kan bekostig nie.

Volgens Matium kos een voerbaal tussen R350 en R450, en weeg ongeveer 320kg.

Die vervoeronderneming het ook besluit om die vrag bale teen ‘n spesiale prys vir die boer te vervoer om die las op sy skouers te help verlig. AfriForum wil graag vir Mario bedank vir sy vrygewige hart en ook dat hy ander boere in nood help.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button