Local newsNews

Groot makietie by afslaers

Die gemeenskap en boere het van heinde en ver gekom om 'n plaaslike afslaers se groot partytjie by te woon.

Lund Afslaers het op Dinsdag, 29 Augustus groot makietie gehou.

Die gemeenskap en boere het van heinde en ver gekom om dit by te woon. Die veiling was ‘n groot sukses en die terrein was vol stalletjies wat van soutblokke, boereworsrolle, plaasprodukte tot veevoer en meer te koop aangebied het.

Quinten Roux, Martin Jacobs, Francois Keyter, Pieter van Heerden en Reinhard van den Berg kuier lekker saam.

Reinhard van den Berg het aan die Herald vertel dat hy die dag saam met sy vriende kom geniet het. Hul doel was om vetvee aan te koop en dan weer te verkoop.

“Die gees is baie lekker onder die boere en die gemeenskap,” het Quiten Roux gesê.

Daar het ‘n gesellige atmosfeer geheers en die vermaak wat op die verhoog aangebied is, was een van die hoogtepunte. Kunstenaars soos Tanya V, Juanita van Jaarsveld, Franna, Touch of Class en Dirk van der Westhuizen, wat deur Ben Morgenrood geborg is, het van 11vm tot sonsondergang opgetree.

Vir ander was dit ‘n ervaring om die grootste bul en ook die verskillende soorte skape wat te koop was op die veiling te sien.

Skoolkinders was opgewonde om hul gunsteling plaaslike kunstenaars te ontmoet. Megan Consalves kon nie wag om ‘n handtekening te kry en ook ‘n foto saam met plaaslike kunstenaar Juanita van Jaarsveld te neem nie. Volgens Juanita is die veiling ‘n lekker inisiatief.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button