Local newsNewsUpdate

Man koop moordhuis in Godfreystraat

Op 29 Augustus het die Herald en DA-raadslid Ellik de Lange die einste moordhuis besoek wat tans skoongemaak en opgeknap word.

Godfreystraat 1 was twee jaar gelede die plek waar ‘n gelukkige gesin met hul hond gewoon het.

In 2015 is die familie daar aangeval en Marius Smit is voor sy sesjarige dogter vermoor.

Smit, wat glo ‘n private speurder was, is op 3 Julie 2015 doodgeskiet en sy pa gewond toe gewapende aanvallers die huis binnegestorm het. Die Herald het destyds berig dat Smit saam met sy familie aan tafel was toe hulle aangeval is. Hy is getref toe hy opgestaan het om die aanvallers te konfronteer.

Oorspronklike Article: Spookhuisraaisel in Homelake

Twee jaar later het die eens praghuis leeggestaan, met ongewenste elemente wat daar rondsluip. Dit is ‘n ernstige probleem vir die bure.

Op Maandag, 17 Julie vanjaar het Frik Gerber, wat in die huis langsaan woon, vertel dat die huis die afgelope twee maande gestroop is, dat dwelmhandel daar plaasvind en dat vreemde mense snags daar skuil. Frik het ontsteld vertel van die prostitute, onwettige immigrante en dwelmhandelaars wat hulle reg langs sy woning tuisgemaak het en dat dit vir hom en sy gesin steurend en ondraaglik geword het.

Shaun de Klerk by die ingang van die huis wat opgeknap word.

Fritz Smit, wyle Marius se pa het op 18 Julie tydens ‘n eksklusiewe onderhoud met die Herald vertel hoe hy dit vermy om verby die huis te ry omdat dit ou wonde oopkrap. Die familie voel ook dat hulle nie vrede in hul harte sal vind voor die huis nie gesloop of verkoop is nie.

Op 29 Augustus het die Herald en DA-raadslid Ellik de Lange die einste moordhuis besoek wat tans skoongemaak en opgeknap word.

Lees ook: Spookhuisraaisel OPVOLG: ‘My seun is daar vermoor’

Volgens Shaun de Klerk is hy besig om die huis uit die boedel te koop en die proses behoort glo binne twee maande afgehandel te wees. Hy het wel toestemming by die eksekuteur gekry om solank die huis te beveilig en netjies te maak.

Shaun het aan die Herald vertel dat hy alles wat oorgebly het nadat die stropers daarmee klaar was, uit die verwaarloosde en vervalle huis gehaal het en dat net die dop en die dak oorgebly het.

“Ek het gesien hoe mooi die huis voorheen was en die potensiaal raakgesien, daarom het ek besluit om die huis te koop,” het Shaun gesĂª.

Ellik is baie dankbaar dat die huis binnekort weer ‘n aanwins vir die gemeenskap sal wees. Hy is baie verlig dat die vreemde elemente – prostitute, onwettige immigrante en dwelmhandelaars – wat daar geskuil het, nou ‘n ander heenkome moet vind

“Die seer oog gaan binnekort heeltemal anders lyk,” het Ellik vertel.

Shaun se eerste prioriteit is om die huis ‘n netjiese voorkoms te gee deur dit buite te verf en ook te beveilig om boosdoeners weg te hou.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button