Local newsNews

Kerkbasaar uit die boonste gestoeltes om die draai

Hervormde Kerk Midpark gaan op Vrydag, 1 September hul 30e bestaansjaar vier met 'n opwindende basaar en hulle nooi Randfontein uit.

Die Hervormde Kerk Midpark gaan om 4nm op Vrydag, 1 September hul 30e bestaansjaar met ‘n opwindende basaar vier.

Ds Jasper van der Westhuizen wat al vier jaar lank by die kerk is, het vertel hoe opgewonde hy is.

“Dit gaan iets uit ‘n ander wêreld wees; nie net die gewone, tipiese basaar nie,” het hy gesê. Almal in Randfontein en omliggende gebiede is genooi.

Natuurlik is ‘n basaar niks sonder lekker kos, kerrie-en-rys, tuisgebakte koek, poeding, vetkoek-en-maalvleis, hamburgers en pannekoek nie.

Jasper het gesê dat ‘n orkes met die naam Toméne gaan optree terwyl Happy Events die kinders gaan vermaak en onder andere hul gesigte verf.

‘n Veiling gaan ook gehou word waartydens onder andere skape, meubels en wyn opgeveil gaan word.

Groot pryse kan gewen word, soos ‘n weeklange vakansie in Ramsgate in Oktober. Dié wat die basaar gaan bywoon, staan ‘n kans om die gelukkige wenner van ‘n skaap te wees. Om in aanmerking te kom om die vakansie of skaap te wen, moet besoekers net ‘n papierbordjie teen R25 koop. Die koper se naam sal daarop staan en die orkeslede, wat heeltemal neutraal staan, sal die wenbordjies trek.

Bordjies kan op kermisdag nog tot 6nm gekoop word, en is nou al beskikbaar by die kerk self.

“Daar is al 300 bordjies verkoop, so ek het besluit dat as die basaar ‘n sukses is, ek sal onderneem om vir ‘n week, en deur ‘n preek, ‘n Leeus-rugbytrui te dra – al is ek ‘n Cheetahs-rugbyondersteuner,” het Jasper laggend gesê.

• Navrae: Kontak Chrissie Munnik by 011 692 3236.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button