Rammies laat die skeie klap

Meer as die helfte van die spanne is as wenners aangewys.

Laerskool Randfontein se 2017-jukskeiseisoen het oudergewoonte op ‘n baie hoë noot afgeskop.

Rammies het ‘n trotse tradisie van uitstekende jukskeispelers. Onder die leiding van Annatjie du Plessis word elke potensiële jukskeispeler se volle talent ontwikkel.

Na die suksesse van die afgelope paar jaar het leerders in massas opgedaag om die sport te beoefen.

Mcheala Croucamp, Ram se jongste jukskeispeler. Sy hoort eintlik tussen die o.7’s maar sy speel in die o.11-span.

“Daar is besluit om ses spanne in te skryf vir die Wes-Skoleliga wat op twee Saterdae, 12 en 19 Augustus in Krugersdorp gespeel is. Daar is tot ses wedstryde op een dag gespeel en ‘n wedstryde kan tussen 30 minute en ‘n uur duur,” het skoolwoordvoerder, Annie Nolan gesê.

Rammies se spelers het hulself baie goed van hul taak gekwyt en die penne die een na die ander laat val. Die o.11-spanne het aksiejukskei gespeel, terwyl die o.13-spanne volwaardige jukskei gespeel het.

Ram is baie trots dat hul o.13A-seuns en die o.13A-dogters as ligawenners uit die stryd getree het. Die o.13B-seunspan het tweede geëindig en is dus liganaaswenners.

“Dis ‘n ongelooflike prestasie dat die helfte van ons spanne as wenners aangewys is,” het Annie gesê.

GertLouw Baschvan die o.13A-seunspan.

Laerskool Randfontein is reeds hard aan die oefen vir die Direkteurstrofee-toernooi wat in September in Boksburg gaan plaasvind. Die hoof en personeel is uiters trots op die jukskeispelers en wens hulle alle sterkte toe met die volgende wedstryde.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button